Skielik besef ek dit is al weereens tyd om (miskien voorlopog) koebaai te sê en hierdie keer is dit met n baie goeie rede al klink dit miskien bietjie na een van Cecilia Wessels se afskeidskonserte toe sy jaar na jaar tot siens gesê het, want ek het weliswaar verlede jaar voor ’n lang oorsese reis óók tot siens gesê.
Ek is onlangs genader om ’n radio-reeks van 13 episodes van 50 minute oor my gunsteling komponis Mozart te skryf, en die volgende paar maande is daar GROOT dink en navorsing wat vir my voorlê, maar as ’n bietjie troos plaas ek my strokiesteks oor Mozart wat in Junie 1999 in De Kat verskyn het en wat deur die wonderlike Piet Grobler geïllustreer is.… Lês fierder