Elke digter het ’n unieke aanslag, ’n unieke “stem”. As iemand homself of haarself aanbied as digter en daardie persoon het nie daardie unieke werkwyse nie, is daardie persoon nie ’n digter nie, maar ’n nabootser van ander.
Daar is wel sekere temas, konsepte en situasies wat telkens deur digters gebruik word en wat op verskillende maniere uiting vind in hulle gedigte. Ek wil in hierdie essay ’n paar sulke konsepte uit die oeuvres van verskillende digters bekyk en vergelyk. Die doel is nie om die gedigte krities te bespreek of waardebepalings te maak nie, maar om te kyk na die verskillende werkwyses en benaderings van die digters.… Lês fierder